Sunday, December 2, 2012

Thomas MacGreevy - Nokturne

Thomas MacGreevy (1893 – 1967)

Nokturne
Thomas MacGreevy

vir Geoffrey England Taylor, 2de Liutenant, R.F.A. ‘Dood aan beserings

Ek arbei op ’n dorre plek,
alleen, selfbewus, verskrik, ontluister;
ver weg, sterre wat wentel in die ruim,
om my voete, aardstemme wat fluister.

[Vertaal deur Johann de Lange]